CLINTON V. DU PLESSIS

Rangeer




Prys: R150,00

ISBN 978-0-620-55604-0, 148mm x 218mm, Sagteband, 142 pp., Ama-coloured Slowguns, 2013

Opsomming:

Oor stoomtreine raak mens passievol en vol roet. Die lokomotief onverbiddellik op sy spoor deur die wêreld, verby vergete sidings en verlore stasies, deur die vlaktes van verlatenheid en bossieveld en langs bedrywige voorstede, nou met die ene stoom en gesuis, dan weer met die vertroude klik-klik; soms ’n ver fluit in die nag. Clinton V. du Plessis se stoomtrein loop nou al bykans 30 dertig jaar deur die hartseer  landskap van ons samelewing, en lê baie stasies diep. Hierdie is sy sewende bundel en word opgedra aan sy pa, ‘n spoorwegwerker. Lesers wat by Litnet  inloer, sal rubrieke van Clinton in ’n ander gedaante herken, en sy vorige bundel,  gedigte, talk show hosts & reality shows (wat in 2009 in beperkte oplaag verskyn het) word hier volledig opgeneem. Sowel die voorkoms en die toonaard van die gedigte bly bekend. En die verskillende landskappe waardeur die gedigte beweeg:  of dit nou oor ’n politieke wildernis wil vertel, oor die oppervlakkige moderne stadsbestaan of die leë behoeftes van die vlees. En ook in die saamgesels met die Afrikaanse letterkunde herken jy jouself op ’n Noupoort, ’n Kookhuis, ’n De Aar. Maar bekend maak nie bemind nie, bly blywend ongemaklik. Ons storie is, op stuk van sake, nie ’n aand wat room geword het nie en die digter weier om daaroor bes te gee:


                                   “hoe verset jy jou teen vergeet

                                    hoe kom jy in opstand vir onthou?”


Ook hierdie bundel is onmiskenbaar Clinton V. du Plessis.


Dr.Fanie Olivier.


Lees resensies deur:

Dr. Amanda Lourens
"Dit is ook die soort bundel wat geniet sal word deur lesers wat ’n verteerbare soort poësie verkies, maar wat terselfdertyd nie deur “mooi” of soetsappige gedigte geteister wil word nie".
http://versindaba.co.za/2013/05/06/resensie-rangeer-clinton-v-du-plessis/

Nini Bennett
"Hoewel sommige gedigte nog die nodige afronding kort, is Rangeer ’n sterk bundel en ’n persoonlike mylpaal in Du Plessis se oeuvre."
 http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2013/06/06/RA/6,7/boek07b.html

Neil Cochrane
"Hier is ’n digter aan die woord wat in voeling is met die “regte” lewe en nie belang stel om pretensieuse weë te bewandel nie."
http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2013/07/01/B1/15/jprang.html

Joan Hambidge
"Die verse is grinterig en rou."
http://www.litnet.co.za/die-dood-is-n-boemeltrein-wat-niemand-kan-verpas-nie-joan-hambidge-resenseer-rangeer/
 
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free