CLINTON V. DU PLESSIS

Biografie




(Foto: Gallo Images)


Clinton V. du Plessis is op 20 Februarie 1963 op Kookhuis, in die Oos-Kaap, gebore. Hy gaan daar en op  Somerset-Oos skool en matrikuleer aan die Senior Sekondêre Skool Holy Rosary op Cradock. In 1984 debuteer hy by Perskor en publiseer daarna nog sewe digbundels en een kortverhaalbundel onder eie beheer. Sy werk is ook in verskeie bloemlesings, plaaslik en in die buiteland,  opgeneem. Hy woon tans op Cradock en is ‘n voltydse syfersmid en deeltydse woordverwerker.


Hy het o.a:

1) Geweier om sy gedigte in Groot Verseboek te laat opneem,
2) Die kortste gedig, in Afrikaans, gepubliseer,
3) Een van die kortste resensies vir een van sy bundels ontvang.



Digter, uitgewer, skrywer, sosiale kommentator

Posbus 547, Cradock, 5880


 

KNOOP

 

Die lewe is soms ’n kwatryn

 

wat nie ’n fok wil rym.


 


 



 



This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free