CLINTON V. DU PLESSIS

Bekkighede



1) Onthou is soms ‘n verbeelde turksvy, sonder dorings.
2) Skryf is die groot verset teen vergeet.
3) Woorde is ‘n skans teen vergeet.
4) As jy slinks genoeg definieer, kan jy subtiel bly marginaliseer
5) Ek glo nog steeds in min, maar nou met minder oortuiging as vroeër.
6) Power(ade) to the people.
7) Fiksie verskaf aan die skrywer die geleentheid om feite met verbeelding op te helder
of te verdoesel.
8) Miskien skryf ek om te onthou.
9) Hoe kom jy in opstand vir onthou, hoe verset jy jou teen vergeet?
10) Vroeg, in elke skrywer se loopbaan, selekteer hy vir hom twee ander skrywers: die een
om t
één te skryf en die ander een om ná te skryf.
11) The gospel according to Google.
12) Die geheue is ‘n glyjakkals.
13) Daar is oorweldigende bewyse vir evolusie…maar dan is daar óók Bieber en Kim
Kardashian.
14) Skrywers se geheues is die letsels op ‘n samelewing se gelaat wat jy sukkel om onder die grimering weg te steek.
15) Meer leef, maar met minder; meer reis, maar ligter; meer kyk na bas en klip en mier en wolk en spriet en baie meer sien.

16) My onthou en jou vergeet, net dáár l
ê die onding.
17) Onthou is soms ‘n ui wat jy laag vir laag afdop en die oog, ongemaklik, laat kriewel.

18) Every time we drop a bomb, our humanity shrinks.

19) Politici en regslui lieg nie - hulle gaan net op ‘n onortodokse manier met die waarheid om..

20) Waar ek voorheen gedink het transparency het iets te doen gehad met Dolly Parton in 'n nat T-shirt, vind ek dat dit deel is van 'n nuwe user-friendly kakpraatterminologie, gelykstaande aan die voorliefde vir neologismes soos totale aanslag, ensovoorts uit ons verlede.

21) Jy kan vlieg; woorde gee jou vlerke.



 


 


 


 


 


 


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free